As jy ‘n ster sien verskiet
Riekie Taylor is tydelik uit die skool geskors nadat sy haar hare swart ge-dye het en boonop gevang is dagga rook. Maar dis nie al moeilikheid wat sy het nie: na haar broer se dood drink haar ma weer te veel, en is haar pa se enigste bydrae die maandelikse onderhoudstjek wat hy van iewers in Kaapstad aan Riekie-hulle op Graaff-Reinet pos.
Riekie besluit om haar pa in die Kaap te gaan soek – en beland onverwags in ’n ander klein dorpie waar sy by ’n vulstasie-restaurant werk kry. Maar dan gebeur dinge wat haar dwing om die lewe wat sy agtergelaat het in die oë te kyk, probleme en al.
ISBN-13: 9780624052869
Purchase now