Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Maya Fowler

@ Sunday Times Books LIVE

Op soek na lente

Die somer lê agter ons: amptelik. Die lig begin ons in te perk, besef ek vandag toe ek gaan draf en die skemer my vang. Die dae kwyn. Maar die vreugde daarvan is dat ons weet dis ’n siklus: oor drie maande draai dinge, begin ons van voor af. Die wingerde sal weer bot. Die son sal weer kom. Die blomme sal groei.

Maar vandag dink ek aan dié vir wie die blomme nié weer sal groei nie, omdat die lig té erg vir hulle gekwyn het; hulle hulle níe ’n volgende lente kon indink nie. Mense soos die talentvolle jong akteur Andrew Thompson, wat so vasgevang raak in hul eie winternag dat hulle hulsélf die laaste lig ontneem. My hart gaan uit vir hulle, en vir die mense wat agterbly.

En hier is die ding wat my dié week opgeval het. ’n Ding wat my báie weke vorentoe nog gaan krap. Hoe min medelye sommiges het. Hoe hulle mense soos Andrew slegsê op internetkletswerwe; kwetswoorde soos “selfsugtig” en “maklike uitweg”. Een vrou het laat weet dat “enigiemand wat selfmoord pleeg ’n pateet is” en dat sy “geen simpatie” het nie. Sy het het dit in hoofletters geskryf; haar woorde met drie uitroeptekens beklemtoon. Vir hulle wil ek sê: Medelye is een van die vernaamste geestelike vrugte wat ’n mens kan kweek, en hoe vroeër mens begin, hoe beter. Om ’n geliefde te verloor, ongeag die omstandighede, maak séér. Voor ons oordeel vel, moet ons dink of dit die moeite werd is om dié wat agtergelaat is gal in die wonde te smeer. Vir diegene wat nié kan identifiseer met so ’n immeroorweldigende sielsdonkerte nie: Wees dankbaar. Dit is wel waar dat dit moeilik is om begrip vir ’n ander te hê tensy jy jou ’n tydjie lank is sy skoene bevind het.

As jy jouself dus nie in iemand anders se skoene kan plaas nie, sit jouself dan ten minste in sy ma s’n.

 

Recent comments:

  • <a href="http://bookslive.co.za" rel="nofollow">Carolyn</a>
    Carolyn
    March 27th, 2012 @14:46 #
     
    Top

    Hoor, hoor!

    Bottom

Please register or log in to comment

» View comments as a forum thread and add tags in BOOK Chat